Calvin is in 2002 met Leukemia gediagnoseer. Met behandeling het dit vir vier en ‘n half jaar baie goed gegaan. Calvin is verlede jaar (2006) as Mnr. NHS en Mnr. Persoonlikheid by Nelspruit Hoërskool gekies. Hy het ook Ere-klere vir Akademie in 2006 gekry, as leier gekies vir 2007 en het hierdie jaar die eer gehad om vir die skool se Eerste Rugby span uit te draf.
Calvin was nog altyd ‘n voorbeeld vir ander met sy positiewe gesindheid en hoe hy met terugslae net weer opstaan en aangaan en dan net nog harder werk. In ‘n gewone maandelikse opvolg het die dokter die slegte nuus gegee dat die kanker terug is. Calvin is tans besig met graad 12 wat dit vir hom moeilik maak om afwesig te wees en agter te raak met skoolwerk. Hy moet vir die volgende twaalf weke elke tweede week in Pretoria wees vir week lange behandeling. Die dokter het begin soek na ‘n geskikte beenmurgskenker vir Calvin. Indien die oorplanting gedoen gaan word, gaan Calvin vir ‘n verdere drie maande in Isolasie wees. Die kans om ‘n geskikte skenker te kry is 1:200 000 en die Beenmurg Register in SA staan maar op 54 000...Die medies betaal nie vir die soek van ‘n geskikte skenker nie en die rekening kan tussen R 100 000 en R 600 000 wees. As die medies uitgeput is teen die oorplanting gedoen moet word, dan kan die operasie koste, (tussen R 300 000 en R 500 000) ook uit eie sak kom. Calvin gaan volgende jaar Rekenaar Ingenieurswese by Tukkies studeer.
Calvin en sy familie is baie na aan mekaar, of dit nou sy eie gesin, ouma's, oupa's, ooms, tannies, niggies of nefies is, almal is baie lief vir hom en vir mekaar!
Terwyl Calvin se ma hom in Pretoria bystaan, is sy pa hard besig in Hazyview om sy werk te doen en na Michelle die jonger sussie te kyk wat nou std 5 is. Arlene, Calvin se oudste sussie werk tans in die USA op 'n kontrak en kan dis nie terug kom Suid Afrika toe tot haar kontrak nie om is nie.
Calvin se "groot" liefde in sy lewe is Marne van Dyk, hulle is reeds meer as 6maande saam en die liefde flikker al hoe helderder met elke aanslag! Sy is n groot ondersteuning vir hom en staan hom by elke sekond van die dag, of dit nou in gedagtes, met oproepe en of op Mxit is, sy is altyd daar vir hom....
Calvin se "groot" liefde in sy lewe is Marne van Dyk, hulle is reeds meer as 6maande saam en die liefde flikker al hoe helderder met elke aanslag! Sy is n groot ondersteuning vir hom en staan hom by elke sekond van die dag, of dit nou in gedagtes, met oproepe en of op Mxit is, sy is altyd daar vir hom....
Calvin moet elke 2 de week in Pta wees vir behandeling en behoort einde Sept klaar te wees met sterk chemo. Die dr hoop om 'n geskikte skenker te kry en dan die oorplanting te doen sodra Calvin klaar is met sy eindeksamen. ie oorplanting kan dalk in Garden City Cliniek in Jhb gedoen word i.p.v. die Kaap.
Calvin het 'n skootrekenaar gekry by 'n anonieme persoon, wat ongelooflik baie help om die tyd om te kry in die hospitaal. Nicola v Zyl het dit genoem aan Laura Blomerus dat Calvin in die hospitaal is en toe ons weer sien toe stap Nicola en Laura met 'n skootrekenaar in die saal in!
Calvin het 'n droom gekry by 'Reach for 'n dream' en hy het besluit om te vra vir Playstation 3 en toe kry hy nog 4 speletjies ook by. 'Reach for 'n dream' het ook gereel dat die hele familie leeus kon gaan vang in die Kruger Nasionale Park. 'n Wondelike geleentheid wat nie elke dag oor 'n mens se pad kom nie.
No comments:
Post a Comment